News

Vyf jaar plan vir opgradering van korrektiewe sentrum word nou ses jaar

Met die bouwerk wat sedert Covid-19 onderbreek is, en uiteindelik tot 'n stilstand gekom het, is inwoners in die omgewing van die korrektiewe sentrum egter bekommerd oor die toename in misdaad wat in die omgewing van die korrektiewe sentrum gesien word. Hulle sê dat daar al meer beweging op bestaande voetpaaie in die veld rondom die sentrum is, juis omdat die sentrum tans nie ten volle in bedryf is nie.

Toe daar in Januarie 2019 begin is met bouwerk vir die opgradering en vergroting van die Parys Korrektiewe sentrum, is beoog om die projek binne vyf jaar te voltooi, maar pleks daarvan sal dié sentrum nou eers in Maart 2025 heropen.

Die bouwerk staan al vir maande stil nadat die oorspronklike kontrakteur se kontrak in Februarie vanjaar beeïndig is weens swak prestasie. Gevolglik is die sentrum tydelik gesluit met geen gevangenes wat nou hier aangehou word nie. Departement Korrektiewe Dienste is nog in die proses om ‘n nuwe kontrakteur aan te stel. Dit is onseker wat die voltooiing van die projek sal kos waarvoor aanvanklik R282 miljoen begroot is. Nuwe kostes word tans hersien, het Singabakho Nxumalo, woordvoorder van Departement Korrektiewe Dienste by navraag bevestig.

Die nuwe fasiliteit moet voorsiening maak vir 254 beddens teenoor die 80 beddens waaroor die korrektiewe sentrum in Parys voorheen goedgekeur was. Sekuriteit by die sentrum word ook aansienlik opgeskerp met ‘n geïntegreerde ten volle elektroniese sekuriteitstelsel wat die omheining, deure en hekke van die hele fasiliteit sal beheer.

Die projek maak naas die vergroting van die sentrum se fasiliteite ook voorsiening vir onder meer nuwe sportgronde, fasiliteite vir vaardigheidsontwikkelings, ‘n mediese sentrum, sekuriteitsentrum en nuwe administrasie kantore, sê Nxumalo.

Nxumalo het bevestig dat historiese kenmerke van die oorspronklike gevangenisgebou behoue sal bly hoewel daar verandering, herstel en opknappings binne die gebou sal wees om voorsiening te maak vir die nuwe sekuriteitbeheersentrum.Hy het gesê dat die argitektuur van die nuwe gedeelte van die sentrum ontwerp is om by die bestaande fasiliteit aan te pas.

Die oorspronklike gevangenisgebou wat behoue sal bly weens die historiese waarde daarvan.

Die oorspronklike gevangenisgebou was een van die eerste geboue wat in 1896 met die bekende Parys-graniet, of beter bekend as die African Jiparano, gebou is. Gevolglik val die gebou onder ‘erfenisstruktuur’, en is daar ‘n goedgekeurde erfenispermit van die Erfenisraad as ‘n vereiste om te verseker dat die ou gebou sy oorspronklike vorm sal behou.

Nxumalo het gesê al die geboue vir die nuwe fasiliteit is reeds opgerig, hoewel nie voltooi nie, en dat die nuwe kontrakteur wat aangestel moet word, die projek sal voltooi.

Bouwerk om die korrektiewe sentrum in Parys te vergroot en op te gradeer staan al vir maande nadat die boukontrakteur se kontrak beeïndig is weens swak prestasie. 

Met die bouwerk wat sedert Covid-19 onderbreek is, en uiteindelik tot ‘n stilstand gekom het, is inwoners in die omgewing van die korrektiewe sentrum egter bekommerd oor die toename in misdaad wat in die omgewing van die korrektiewe sentrum gesien word. Hulle sê dat daar al meer beweging op bestaande voetpaaie in die veld rondom die sentrum is, juis omdat die sentrum tans nie ten volle in bedryf is nie. Hoewel daar permanente 24-uur sekuriteit op die korrektiewe sentrum-perseel is, is daar geen be- perking of monitering van beweging rondom die sentrum nie, wat onwettige vullisstorting hier vererger, en dit ‘n wegkruipplek maak vir veral kabeldiewe en ander misdadigers. Die besproeiingskanaaal wat verby die korrektiewe sentrum-perseel loop, het ‘n nes geword vir ongewenste elemente, sê inwoners van President Krugerweg, en die woongedeelte tussen Hinterland en die hospitaal.

Nadat daar oor die feestyd verskeie voorvalle van diefstal was, het dit dié inwoners in Januarie genoop om self die kanaal oop te sny en paaie reg te maak in die omgewing.

Nxumalo het op ‘n vraag oor die toename in misdaad in die gebied gesê dat departement korrektiewe dienste nie klagtes gehad het van onwettige betreding, kriminele aktiwiteite of vandalisme op die perseel nie. Hy sê dat beweging rondom die korrektiewe sentrum-perseel, nie deur die bouperseel met sy 4m hoë omheining gebeur nie.

Related Articles

Back to top button