Pakkie-eienaar blitsig met webtuiste opgespoor
Die eienaar van ’n pakkie wat vroeër die week deur ’n koerier maatskappy by die verkeerde adres in Parys afgelewer is, is dieselfde dag nog in minder as ’n uur opgespoor nadat die berig oor die pakkie op Parys Gazette se webtuiste en Facebook blad geplaas is.

Die regmatige eienaar wat in Johannesburg werk, het die berig raakgelees en dadelik besef dat dit sy vrou se pakkie is wat nooit afgelewer is nie.
Die koerier maatskappy self het eers drie dae na die verkeerde aflewering hul fout agtergekom. Dankie aan die persoon wat die pakkie na Gazette se kantoor gebring het in ’n poging om die eienaar op te spoor.
Onthou jy kan daagliks nuus en ander inligting op Parys Gazette se webtuiste lees by www.parysgazette.co.za, asook Gazette se Facebook blad.