News

Motief vir motoris se moord steeds ‘n raaisel

Dit is steeds nie seker wat die afgelope week tot die moord van ‘n man in Carletonville gelei het nie.

Carletonville – Inwoners van Talcstraat het die polisie op 20 April oor ‘n ongewone voorval geskakel.

‘n Silwer VW Polo het deur ‘n betonmuur in dié straat gejaag. Toe die polisie egter op die toneel kom, het hul gevind dat die bestuurder reeds dood was na iemand hom geskiet het.

Hulle het ook verskeie leë patroondoppies van 9mm pistool op die toneel gevind.

Niemand is tot dusver in verband met die moord gearresteer nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button