NewsNews

Misdaadstatistiek nou bekendgemaak

Misdaadstatistiek sal voortaan kwartaalliks en jaarliks bekendgemaak word. Die stap is deur die VF Plus verwelkom ná ’n aankondiging van mnister Jeff Radebe, minister in die presidensie. Dr. Pieter Groenewald sê die VF Plus vra al langer as ʼn dekade dat misdaadstatistiek kwartaalliks bekend gestel word.

Misdaadstatistiek sal voortaan kwartaalliks en jaarliks bekendgemaak word.  Die stap is deur die VF Plus verwelkom ná ’n  aankondiging van mnister Jeff Radebe, minister in die presidensie.
Dr. Pieter Groenewald sê die VF Plus vra al langer as ʼn dekade dat misdaadstatistiek kwartaalliks bekend gestel word.
“Kwartaallikse misdaadstatistiek sal verseker dat brandpunte gouer bekend gemaak word en meer effektiewe misdaadsbestryding in werking gestel kan word. Die publiek het ook die reg om te weet waar hierdie brandpunte is en daarom sal kwartaallikse statistiek hulle beter ingelig hou, sê Mulder.
“Die minister se verklaring dat ʼn jaarlikse verslag ʼn regstelling sal maak, bevestig die kritiek van die VF Plus dat die geloofwaardigheid van huidige misdaadstatistiek onder verdenking is.
“Die VF Plus vra sedert 2008 dat statistiek oor plaasmoord en plaasaanvalle ook bekend gemaak word. Dit moet nou by hierdie statistiek ingesluit word,” sê dr. Groenewald.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button