Local news

Aanlynpetisie begin as gemeenskap se stem oor droë krane

Die petisie sal op 12 Mei aan die Ngwathe munisipaliteit oorhandig word.

Handtekeninge van mense uit die totale Parys-gemeenskap het vanmiddag begin instroom op ‘n aanlyn petisievorm wat deur die drukgroep Save Ngwathe opgestel is en waarin die gemeenskap se stem gehoor kan word oor die Ngwathe munispaliteit se gebrekkige watervoorsiening aan sy inwoners. In die memorandum wat die petisievorm vergesel, word pertinent vrae gevra oor die beloofde noodkragopwekker vir die dorp se watersuiweringsaanleg, asook die tydsraamwerk vir die daarstel van ‘n direkte kraglyn na die waterwerke

Op die digitale platform het 1332 mense teen vanmiddag, Donderdag 20 April, reeds die petisie aanlyn geteken. Dit was met die skryf van hierdie berig nog nie seker hoeveel gedrukte petisievorms wat by verskeie besighede beskikbaar is, alreeds geteken is nie.

Save Ngwathe het met die verspreiding van die petisievorm, ‘n ernstige beroep  op inwoners, besighede en selfs besoekers aan gastehuise wat deur die waterkrisis geraak word gedoen om die vorm in te vul.

Daar is geen ouderdomsbeperking vir mense om die petisievorm te onderteken nie.

Hier is die inhoud van die memorandum wat die petisievorms vergesel:

Die digitale skakel vir die aanlyn petisievorm is https://forms.gle/xLxPTGRLtZHtenSh9

Mense kan nog tot 5 Mei die petisievorm aanlyn, of op die gedrukte weergawe by besighede teken, wat dan op 12 Mei aan die munisipaliteit oorhandig sal word. Naas die digitale platform is petisievorms by die volgende besighede in die dorp beskikbaar. 

AB’s Pub & Grill
ABSA
Ackermans
Anatomic
Africa Pro Safety Wear
Autozone
Barber shop
Blom, Geskenk en Wasgoed Boutique
Capitec
Cheers  Pub & Grill
Cherry Bakery
Citeq Computers
Biltong Valley
Die Bar
Doep’s  Car wash
Dolco
Elize Nell Eiendomme
Fat Cake City
FNB
Geen & Velleman Apteek
Geskenk en Houtwinkel Emporium gebou
Haarkapper in Houthuis by PNP
Haarsalon langs die Bar
Heuning winkel  ( by Elize Nell eiendomme)
Inch By Inch
Jack’s Paint
Just Cars
KFC Pandwinkel
Kilowatt
Koffie winkel by Schwims Apteek
Lekkergoed winkel by nuwe Mall
Lewis
Liquorland
Ma se Lap (Massa Lap)
Manzi  Water
Meyers Ranch Deli
Meyers Ranch Restaurant
Mica
Modelling company ( by Elize Nell Eiendomme)
National Road House
O’s Restaurant
OK Grocer by Total Garage
Parys  Info
Parys Gas
Parys Plumbing
PEP
PG Glas
Plaas Kooperasie Veevoere
Plumtree
PNA
Post Net
Pretty and Pezaz
Pula
Quality Steel
Roodt Apteek
Schwims apteek
Schwims bande
Security Mastr
Spar
Spec Savers Nuwe Mall
Telefoon Den
The Local Choice Apteek Nuwe Mall
Triptiek
Tweeling Slaghuis
Vape Winkel langs Spur
Viva Garage Industriele gebied
Water Proofing
Welkom Cafee
Westpack
Xtreme Clean (Naby Absa)
Zoi Restaurant
Naas die genoemde besighede is die vorm ook beskikbaar by Save Ngwathe se kantoor in Dolfstraat.

 

Related Articles

Back to top button