Local news

Nog geen datum vir wanneer lisensiekantoor sal open nie

Totdat die kantoor  heropen moet van die kantore in Sasolburg, Viljoenskroon of Vredefort se dienste gebruik gemaak word. 

Daar is steeds geen datum vir wanneer die Parys Lisensie- en Toetssentrum weer aanlyn sal wees nie.

Geen transaksies kan sedert 13 Maart by die sentrum gedoen word nie weens ‘n elektriese probleem.  Daarbenewens is van die rekenaars met die eNatis-stelsel daarop, ook gesteel, is verneem.

Die kantoor was in die verlede vir maande gesluit weens die elektriese probleem wat nie plaaslik deur die Ngwathe munisipaliteit, of die departement se eie onhoudsafdeling herstel kon word nie.  ‘n Buite-kontrakteur is toe gekry vir die herstelwerk waarna nuwe toerusting geïnstalleer is.

Dienslewering by die kantoor is die afgelope vier jaar al herhaaldelik onderbreek, onder meer ook weens kabeldiefstal en weerligskade aan toerusting.

Totdat die kantoor  heropen moet van die kantore in Sasolburg, Viljoenskroon of Vredefort se dienste gebruik gemaak word.

Die Vredefort-kantoor is oop Maandag tot Vrydag van 07:30-15:00. Hou egter in gedagte dat beurtkragtye ook dienslewering by dié kantore kan beinvloed.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button