Mooie Parys-meisies onder kroondraers by Royal World SA Pageant
Milane, Bokamoso en Amore sal as finaliste aan die Royal World International Pageant deelneem wat aan die einde van 2023 gehou word. By dié geleentheid sal hulle Suid-Afrika teen deelnemers van ander lande verteenwoordig.

Vyf modelle van Parys Model Akademie het op 8 April aan die Royal World SA Pageant by die Silverstar Casino in Krugersdorp deelgeneem waar drie van die modelle onder die top 3 gekroon is in hul onderskeie kategorieë waaraan hulle deelgeneem het.
Milane Avenant is gekroon as tweede prinses in die Baby Royal World SA 2023 kategorie vir 0-4 jaar
Bokamoso Mokhele was die wenner van Miss Pre-Teen Royal World SA 2023 in die 7-12 jaar kategorie.
Amore Britz dra die kroon as eerste prinses vir Miss Teen Royal World SA 2023 in die kategorie 13-17 jaar. Amore was ook die wenner van die Fotogeniese toekenning as mees fotogeniese model van die kompetisie.
Milane, Bokamoso en Amore sal as finaliste aan die Royal World International Pageant deelneem wat aan die einde van 2023 gehou word. By dié geleentheid sal hulle Suid-Afrika teen deelnemers van ander lande verteenwoordig.

Die modelle sal ook op 27 Mei aan die Winter Winterland-kompetisie by Stonehenge River Lodge deelneem.