Local news

Hekelpenne wikkel vir 30 uur marathon

Jy kan help om 'n verskil te maak in iemand se lewe

As marathon hardloop nie jou ding is nie maar jy kan hekel, is hier ‘n marathon-uitdagings vir jou! Jou hekelpenne kan ‘n verskil maak vir iemand om nie hierdie winter koud te slaap nie. Maak nie saak waar jy is nie – tel op jou hekelpen en bring jou wol want op 26 en 27 Mei gaan die hekelnaalde regoor die land behoorlik wikkel vir 30 ure aaneen vir die ATKV se Hekel 30 Ure Safari-marathon.

Parysenaars kan beslis ook deelneem, en is Anna Patat in Parys se hoofstraat as een van die vier dorpe in die Vrystaat geïdentifiseer waar die slaapsakke oopgerol gaan word om vir 30 ure aaneen te hekel vir ‘n vale.

Die projek is die inisiatief van die ATKV Arendsnes-tak in samewerking met Maak ‘n Verskil Hekel.

Jy kan kom hekel op dié twee dae, of as jy nie kan hekel nie – borg ‘n ouma of iemand wat jy ken wat dit geniet om te hekel.

Skenkings van ‘double knit’ wol en nr 4 naalde is ook baie welkom as bydrae tot die projek.
As jy nie kan saam hekel op die twee dae nie, kan jy ook blokke by jou huis hekel en dit dan afgee by Anna Patat of ander instansies en ondernemings wat deelneem aan die projek.

Nooi sommer nou reeeds almal wat jy ken wat kan hekel en kom deel in die marathon-pret, want met tien 100g ‘Charity Double Knit bolle wol, kan jy vir iemand ‘n kombers maak. Of dink so daaraan – 36 blokke wat jy hekel maak 1 kombers.

Of dalk kan jy help om ‘n paar 20cm x 20cm “Granny Patch” blokke te maak of help om die blokke aanmekaar te werk.

WhatsApp Monique by 082 682 6964, of Leandra by 082 451 4548 as jy meer inligting nodig het oor die projek, of graag betrokke wil raak.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button