Photo GalleriesSport

Getekende Cheetah-trui en groot pryse op die spel met gholfdag

Groot pryse waaronder 2 blesbokke, 4 springbokke, karoo lammers en vele meer, kan gewen word met die Platpoot en Hase Gholfdag wat op Jeugdag, Donderdag 16 Junie (openbare vakansiedag) by die Parys Golf & Country Estate aangebied word. Die dag is ’n fondsinsameling vir die regskoste van Henk Prinsloo.

Groot pryse waaronder 2 blesbokke, 4 springbokke, karoo lammers en vele meer, kan gewen word met die Platpoot en Hase Gholfdag wat op Jeugdag, Donderdag 16 Junie (openbare vakansiedag) by die Parys Golf & Country Estate aangebied word. Die dag is ’n fondsinsameling vir die regskoste van Henk Prinsloo.
Dit word aangebied as ’n shotgun met ’n better ball scramble drive formaat. Die koste is R1 800 per 4-bal. Net ’n beperkte aantal spanne kan speel, so gou spring met jou inskrywing. Om in te skryf skakel Teresa by 071 1414 951  of (056) 818 1567. ‘n E-pos kan ook gestuur word na [email protected] of besoek die webtuiste www.parysestate.co.za
Voor die prysuitdeling word ’n  groot veiling gehou met onder meer ’n getekende rugbytrui van die 2016 Cheetah-span wat ’n  eienaar soek. Selfs diegene wat nie gholf speel nie, is  welkom om saam te kom braai voor die prysuitdeling. Heelwat wynversamelaars items gaan opgeveil word, waaronder   ’n  5l tien jaar oue KWV en ’n  1985 Don Perinjon sjampanje. Mense kan inskrywingsgelde vir die dag of enige ander donasies inbetaal by Grimbeek & Vennote Trust, FNB, Parys, takkode 230736, rekeningnommer 53261029658, verw. P1081 (Prinsloo). Bevestig asseblief jou inskrywing deur ’n bewys van die depositostrokie tesame met die inskrywingsvorm wat by Teresa beskikbaar is, te e-pos na [email protected]

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button