NewsNews

Nuwe begroting dalk vandag?

Ngwathe se nuwe begroting sou na verwagting vandag deur die Burgemeester se spesiale Taakspan oor die Begroting bespreek word—mits amptenare gehoor gee aan die Raad se opdrag verlede week om die konsep-begroting in sy geheel te hersien en te korrigeer. Gazette het verlede week berig dat die vorige konsepte waarvan daar volgens raadslede, reeds verskeie “ uiters powere pogings” was, steeds heeltemaal ontoereikend is.

Ngwathe se nuwe begroting sou na verwagting vandag deur die Burgemeester se spesiale Taakspan oor die Begroting bespreek  word—mits amptenare gehoor gee aan die Raad se opdrag verlede week om die konsep-begroting in sy geheel te hersien en te korrigeer. Gazette het verlede week berig dat die vorige konsepte waarvan daar volgens raadslede, reeds verskeie “ uiters powere pogings” was, steeds heeltemaal ontoereikend is.
Verlede Dinsdag het die Raad “met kommer” op ‘n buitengewone Raadsvergadering die volgende besluit: “ That officials are hereby instructed to present to the Special Joint Budget Steering Committee…a duly adapted and corrected Draft Budget capable of approval by Council, together with all supporting and ancillary documents…within seven working days from date hereof.” Die vorige konsep is ook deur die Provinsiale Tesourie verwerp.
“ Sewe werksdae is vandag (Donderdag) verby, en amptenare se opdrag was om dan ‘n volledige en aanvaarbare begroting te finaliseer, vir bespreking en hopelik goedkeuring deur die Taakspan,” het DA-koukusleier Arnold Schoonwinkel Dinsdag aan Gazette gesê. “Daarna moet dit ter tafel gelê word voor ’n  volle Raad.” Hy was Dinsdag steeds onseker of amptenare ‘n finale konsep op die tafel sou plaas. “Ons het herhalende vertragings die afgelope maande gehad, tot kommer en later ergernis van alle raadslede, ook dié van die ANC.” Hy sê die brouwerk deur die amptenary tot dusver bring Ngwathe amper by ‘n krisis omdat die nuwe begroting, in werking moet tree op 1 Julie.
Een van die talle probleme met die konsep-begrotings was blykbaar dat amptenare herhaaldelik die verwagte munisipale inkomste totaal oorskat het. “Beraamde uitgawes sou beslis nie daaruit gefinansier kon word nie,” sê Rdl Phillip van der Merwe (VF+). Sowel hy as die DA het vroeër daarop aangedring dat “korrek en haalbaar” begroot word, ook vir Ngwathe se enorme agterstallige Eskom-rekening (nou reeds R500m).
Rdl Van der Merwe sê rente aan Eskom (tans reeds rondom R 6m per maand) was wel in die konsepte voorsien, “maar hoegenaamd niks om die agterstallige hoofsom van honderde miljoene rand te begin delg nie.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button