Local news

‘Hy sou nooit verbystap sonder om te hoor hoe dit gaan nie’

Thys van Zyl was 'n mense-mens

Sy glimlag het in sy oë gaan lê as hy jou iewers sou raakloop en sommer net wou hoor hoe dit gaan. Dit was daardie opregte belangstelling in mense waarvoor Parysenaars Thys van Zyl sal onthou.
Thys is op Saterdag 8 April in die ouderdom van 78 jaar aan kanker oorlede. Beenmurgkanker is in 2022 by hom gediagnoseer, en het dokters hom in Februarie vanjaar meegedeel dat die kanker in Leukemia omgesit het. Sy gesondheid het die afgelope maand baie agteruitgegaan.

Thys was iemand wat lekker kon gesels en tyd gemaak het vir ander. ‘n Sagmoedige en rustige mens wat vir jare deel was van die Gideons, die Rapportryers en die kerkraad van die NG gemeente Parys-Wes.
Hy het in 1989 van Cradock na Parys verhuis. Thys het aanvanklik in die bank gewerk, en het nadat hy in 1992 weg is by Saambou, ‘n pos by die munisipaliteit aanvaar waar hy werksaam was tot en met sy aftrede in 2010.
Die gedenkdiens vir Thys word Vrydag 14 April om 11:00 vanuit die Wes-gemeente gehou.
Thys sal in liefdevolle en teer herinnering onthou word deur sy seuns, Gerhard en Thys, twee kleinkinders, ‘n broer en ‘n suster.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button