Gazette-personeel nou ook hier tot jou diens
Maak geruk ook gebruik van hierdie diens vir ons kliënte se gerief

Goeie nuus vir Parys Gazette lesers en adverteerders is dat die Gazette-personeel voortaan ook van Maandae tot Woensdae van 09:00-16:00 beskikbaar sal wees by die Parys Info-kantoor in die Impak-sentrum in Waterstraat.
Paulina Barda wat die ontvangs en geklassifiseerde advertensies hanteer sal kliënte hier behulpsaam kan wees met alle navrae, betalings, geklassifiseerde advertensies of enige redaksie of advertensie materiaal wat ingehandig moet word.
Paulina kan geskakel word by 073 772 3649. Kliënte kan ook e-pos stuur vir haar na paulina@mooivaal.co.za
Vir redaksionele, advertensie en verspreidings navrae kan van die volgende kontaknommers gebruik gemaak word:
Redaksie – Liezl Scheepers (060 690 7591/liezl@mooivaal.co.za)
Advertensies – Betsie Trieloff (073 224 4044/betsie@mooivaal.co.za)
Verspreiding – Penelope Müller (penelope@mooivaal.co.za)



