Local news

Departement beoog om opknappings by hof teen November te voltooi

"Die vertragings in die opknapping van die hof is die gevolg van plaaslike sakeforums wat die kontrakteur se werkers op die perseel geïntimideer het."

Die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur noem dat die opknappingswerk by die Potchefstroomse landdroshof na raming teen November 2023 voltooi sal word.

Thami Mchunu, woordvoerder van die Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur, het hierdie tydlyn aan die Herald verskaf na navrae oor die huidige stand van sake rakende opknappingswerk by hierdie hofgebou.

In September 2022 het ‘n gedeelte van die dak ineengestort wat veroorsaak het dat talle hofverrigtinge vertraag is weens die toestand van die hof. Reën het deur die dak gelek terwyl ‘n gebrek aan kragopwekkers ook verdere vertragings veroorsaak het.

Die stadsaal van die J.B. Marks Plaaslike munisipaliteit word onder meer as ‘n hofsaal vir strafsake aangewend. Die Herald het ook in Maart berig oor die toestand van die hof wat regslui warm onder die kraag laat.

“Die vertragings in die opknapping van die hof is die gevolg van plaaslike sakeforums wat die kontrakteur se werkers op die perseel geïntimideer het. Dit het van Junie 2020 tot Julie 2022 aangegaan. Daar was ook bewerings van afpersingspogings deur die plaaslike sakeforums. Die saak is by die SAPD aangemeld en is tans binne die strafregstelsel,” noem Mchunu.

Hy noem ook dat die dak herstel word om seker te maak dat reën nie weer soos die afgelope maand deursuipel nie.

“Die kontrakteur het opknappingswerk op die tweede verdieping suksesvol voltooi ten spyte van al die ontwrigtings, terwyl die vierde verdieping steeds in aanbou is. Tans word die dak verseël om daklekkasies uit te skakel.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button