Local news

N Paasbelewenis wat mense nooit sal vergeet nie

Meer as 2000 by Vredefort se Kruistog

Om meer as 2 000 mense met kuise  deur  Vredefort se strate te sien stap op n warm herfsoggend, is iets besonders. Iets so hoendervleis mooi dat  die viering van Paasfees  nooit weer dieselfde sal wees vir hulle wat hierdie geloofsreis vandag op 7 April meegemaak het.

Aan die punte van die optog die sierwaens wat die graf waaruit Jesus opgestaan het, en die kruis voorgestel het. Versier met derduisende handgevoude plastiek blomme.

Vir weke is skoongemaak, reggemaak en mooigemaak in die dorp se strate, by die dorpsingange en sportgronde. Selfs die kinderspeelparkie is mooi gemaak en gate toegemaak.

N Gemeenskap wat hande gevat het, saamgewerk het en gegee het.

Meer nog – met trots gewerk het om seker te maak dat mense die boodskap van Paasfees sal onthou.

Want in hierdie dorp is daar vandag, net soos verlede jaar, op Goeie Vrydag iets gesien en beleef soos nooit tevore nie.

Die staptog van 3km in n sirkelroete, waar elkeen sy eie handgemaakte kruis gedra het, het verby verskeie punte beweeg waar besondere gebeurtenisse en gelykenisse van Jesus uitgebeeld is.

In n massiewe tent op die dorp se sportgronde is lofliedere gesing en n mense kruis gevorm op die rugbyveld wat vanuit die lug afgeneem is.

Vandag was n dag wat Vredefort se mense maar ook mense letterlik van oraloor sal onthou.

N Geloofsreis in die hart van die Vredefort Koepel.

Dankie aan elkeen wat gegee en gewerk het om  die dag moontlik te kon maak, want Die Kruistog is n gemeenskapsprojek uit die harte van die mense van Vredefort, en elkeen wat die projek ondersteun.

Dankie aan Teresa Wessels em Darika Coetzer vir die foto’s verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button