Local news

Plan gemaak met Rooidam se stank

Verstopping uiteindelik uitgehaal

Inwoners na aan die Rooidam in Derdelaan kla al maande lank oor die verstikkende stank van riool uit die dam.

Tydens ‘n oorsigbesoek Dinsdag het DA-raadslid Saal de Jager, saam met Ngwathe se rioolafdeling gaan kyk wat gedoen kan word om die probleem op te los. Die stank kom van riool wat lank reeds uit ‘n verstopte rioolpyplyn by ‘n rioolinspeksiegat  in die dam uitlek,” het rdl. De Jager gesê. 

 

Riooltegnikus Richard Wana het aan die groep verduidelik dat die blokkasie plaasvind omdat lappe teen ‘n klip wat die pyp blokkeer vasspoel. “Sy toerusting was tot dusver onvoldoende om die klip en die lappe uit die pyp te kry,” sê rdl. De Jager.

 

 

Die span van die rioolafdeling wat gehelp het om die vertopping uit te kry is Daniel Montle, John Khwezi, Elias Mokoena, Lionel Molalugi, Herman Mekgwe, Edward Nkala en Richard Wana.

Richard en sy span het Dinsdag binne enkele ure die verstopping finaal kon uitkry met ‘n bietjie prakseer en vernuf.

Die Rooidam vol alge nadat riool vir lank in die dam ingevloei het.

Tans vloei geen nuwe riool in die dam in nie.

Om van die stank ontslae te raak gaan ensiemes wat deur ‘n inwoner geskenk is, vandag, Donderdag 6 April gesproei word.

Dankie aan Pieter Kemp en sy span van ‘Working for Fire’ en We Care vir hul hulp, Jaco van Barneveld  vir sy insette, en rdl. Marie la Cock wat die vergadering met die betrokke partye vooraf gereël het.

.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button