Local news

Evangelie-uitreik vir kinders met vakansieprogram

Hoewel Every Nation Faith City die dryfveer is agter die program, word dit gesien as ‘n gemeenskapsprojek, en is van die jeug van Parys genader om tydens die week te help, onder meer as groepleiers.

Kidsgames, ‘n vakansieprogram vir laerskoolkinders, is verlede week weer  met groot sukses in Parys aangebied.

Die program fokus daarop om die evangelie aan kinders te verkondig.

Elke dag word ‘n ander boodskap aan die kinders gebring deur middel van speletjies, kuns, musiek en meer.

Ngwathe Warriors het ook elke oggend met die kinders ‘n waardevolle les oor die bewaring van ons omgewing kom deel.

Vanjaar het 50 kinders vir die program ingeskryf

Een van die spanne met die kleurvolle banier wat hulle tydens die week gemaak het. 

Hoewel Every Nation Faith City die dryfveer is agter die program, word dit gesien as ‘n gemeenskapsprojek, en is van die jeug van Parys genader om tydens die week te help, onder meer as groepleiers. Die nodige voorbereiding en opleiding is vooraf aan hierdie groepleiers gegee.

Ander kerkgroepe is ook betrek insluitend Lede in Christus Parys wat gehelp het met die voorbereiding van die etes vir die week, en die NG Wes gemeente vir die gebruik van hul fasiliteite.

Meer inligting en foto’s van vanjaar se vakansieprogram is beskikbaar op die Kidsgames Parys Facebook blad.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button