Local news

So funksioneeer die GPF in Parys

Tans funksioneer Landelike – en Gemeenskapsveiligheid (LGV), We Care Community Patrols en Parys Afriforum Patrols in vennootskap met Parys GPF.

Gemeenskappolisiëring snoer die polisie en die gemeenskap saam wat die oplos van misdaadprobleme betref. Die Gemeenskap Polisiëring Forum (GPF) van Parys funksioneer in terme van Hoofstuk 7 van die Wet op die Suid Afrikaanse Polisie Diens 68 van 1995.
Die doel van die GPF is om ‘n veilige omgewing vir die gemeenskap te skep. Daarom sluit die die funksionering van die GPF die volgende doelwitte is:

• Hul identifiseer en los probleme rondom misdaad, wanorde, vrese en swak dienslewering deur die polisie op;
• Hul verbeter kommunikasie tussen die polisie en die gemeenskap;
• Hul vind maniere om die polisiediens meer deursigtig en verantwoordelik te maak;
• Hul spoor die media aan om billik en regverdig te wees in hul rapportering oor die polisie;
• Hul monitor die polisiediens, insluitende klagtes, besoeke aan selle en patrollering;
• Hul help verskillende etniese groepe om beter saam te werk;
• Die GPF streef daarna om altyd op ‘n volwasse en beleefde manier op te tree teenoor die polisie.
Die Parys Gemeenskap Polisiëring Forum bestaan uit ‘n uitvoerende komitee met die volgende lede:
– A.o Jan Le Roux (Gemeenskap Polisiëring Offisier). A.o. Le Roux het 34 jaar diens as polisiebeampte, en is vanaf 2007 betrokke by die GPF. Hy is sektorbevelvoerder van Sektor 2, reservis kooödineerder en bootsman.
· Anne-marie du Toit (voorsitter) is ‘n prokureur in privaatpraktyk in Parys en ‘n lid van We Care Community Patrols.
· Wynand Nel (ondervoorsitter) is die eienaar van Nel’s Security Solutions en stigterslid van We Care.
· Theo Dunn geniet sy aftrede terwyl hy sy passie om die gemeenskap by te staan, uitleef. Hy is ‘n lid van Parys Afriforum.
· Dorette Nel is mede-eienaar van Nel’s Security Solutions en lid van We Care.
· Ivan Kukard is ‘n afgetrede kranige fietsryer met ‘n liefde vir gemeenskapswerk en lid van We Care.
· Emile Schutte is ‘n sakeman van Parys en lid van We Care.
· Charl Vosloo is betrokke by CSS Sekuriteit, Parys en ‘n lid van We Care.
· Carl von Maltitz is ‘n voormalige lid van die SAPD en voorheen ook kommersiele vlieenier. Hy bied Krag Maga aan.
– Jenny Kruger is mede-eienaar van Security Master en lid van Afriforum, Parys.
· Selma Kok is ‘n raadslid vir NgwatheRA en lid van die Public Safety en Transport Komitee van die stadsraad.
· Marinda Engelbrecht is ‘n raadslid vir die VF Plus, en dien op die Korporatiewe Dienste, Maatskaplike Ontwikkeling en Dorps en Landelike beplanning en Behuisingskomitees van Ngwathe.
· Fred Burger was vir 32 jaar ‘n lid van die SA Weermag, en is ‘n afgetrede gekwalifiseerde eiendomsagent.

Related Articles

Back to top button