Local news

Daar word hard gewerk aan die gate

Verskeie slaggate in Parys se hoofstraat, sowel as in ander strate en in Tumahole is reeds herstel.

Met Paasnaweek-verkeer wat sal toeneem oor die naweek, en heelwat besoekers wat weer in Parys verwag word, het die Ngwathe munisipaliteit sedert verlede week hard gewerk om slaggate en skade aan die padoppervlak van die R59 wat deur Parys loop te herstel.

Daar is gewerk vanaf die dorp se waterwerke, in dele van die sentrale sakekern en die hoofstraat, en is die beplanning om soos wat materiaal en fondse dit toelaat ook te werk aan die dorpsingange vanaf Potchefstroom-kant  en Vredefort-kant, tot by Vaal de Grace.

‘n Span is ook in die Tumahole-woonbuurt besig om skade aan die padoppervlak veral by spoedhobbels te herstel.

Volgens mnr. Japie Mateis, Ngwathe se streeksbestuurder vir Parys, val die projek onder die tegniese departement se afdeling vir paaie en die stormwaternetwerk, en word dit befonds uit fondse wat spesifiek in die munispale begroting hiervoor toegewys is.

Hy het gesĂȘ die span is bewus van strate in die woonbuurte wat ernstige aandag nodig het, en waarvoor groter masjienerie gekry sal moet word vir die herstel daarvan.

Mense wat probleme rondom paaie wil rapporteer, is deur die Ngwathe Uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, gevra om dit via die Whatsapp nommer 066 480 4416 aan te meld.

Op die foto is mnr. Japie Mateis, Ngwathe se streeksbestuurder vir Parys, en Julia Makoko, die waarnemender toesighouer vir paaie en stormwater by die Ngwathe munisipaliteit, saam met die span wat Dinsdag in die omgewing van die Oos-kerk aan die R59 gewerk het om die padoppervlak en slaggate te herstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button