Matriekmaats kuier saam vir 40 jaar reünie
Matrikulante van Hoërskool Parys se 1982 matriekklas het die afgelope naweek vir die eerste keer die afgelope dertig jaar weer saamgekuier om hul 40 jaar reünie te vier.

Hoewel die 40 jaar reünie eintlik in 2022 gehou moes word, moes die geleentheid verlede jaar weens omstandighede uitgestel word.
Die oud-klasmaats het mekaar Saterdag vir middagete by O’s restaurant ontmoet waar lekker gelag en gesels is oor die wel en weë van die afgelope jare sedert hulle mekaar in 1992 met hul tien jaar reünie gesien het.
Daar was destyds 56 matrikulante in die skool se 1982-matriekklas. Twee van die groep – Irene van Huyssteen wat die hoofdogter was, en Joël Meyer is sedertdien oorlede.
Saterdagaand is die kuier voortgesit met ‘n semi-formele funksie by Woodlands Lodge.
Die klasmaats wat die reünie bygewoon het, was André van der Schyff, Androula Papavarnavus, Anneli Pelser , Annelies Hein, Brenda Slabbert , Chris Klopper , Dorothy de Kock , Estelle Jacobs, Hennie Brink, Irene Hein, Jan Griesel, Kotie Claassen, Magda Marx, Marieta Buys, Marius Erasmus, Neels van Loggerenberg, Phillip Basson, Pieter Nienaber , Sam Terreblanche, Santie Thompson, Shirley Coetzee , Stiefa van der Merwe, Willem Verster, Trudie Botes en Charl van Tonder.


Estelle Jacobs links en Irene Hein regs





