Local news
Man kritiek na hy van bakkie afval
Die man is per helikopter na Netcare Garden City hospitaal in Johannesburg vir verdere behandeling vervoer.
Potchefstroom – ‘n Man (23) het vanmiddag (Sondag, 2 April) ‘n kritieke hoofbesering opgedoen nadat hy van die agterkant van ‘n bakkie afgeval het in Beyers Naudelaan.
Die ongeluk het omstreeks 14:30 plaasgevind. ER24 nooddienste en Mooirivier Beskerming First Responder was op die aanvanklike ongelukstoneel.
Die man is toe verskuif na die sportgronde langs Mediclinic Potchefstroom sodat Rocket HEMS-personeel die man per helikopter na Netcare Garden City hospitaal in Johannesburg vir verdere behandeling kon vervoer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



