Local news

Man kritiek na hy van bakkie afval

Die man is per helikopter na Netcare Garden City hospitaal in Johannesburg vir verdere behandeling vervoer.

Potchefstroom – ‘n Man (23) het vanmiddag (Sondag, 2 April) ‘n kritieke hoofbesering opgedoen nadat hy van die agterkant van ‘n bakkie afgeval het in Beyers Naudelaan.
Die ongeluk het omstreeks 14:30 plaasgevind. ER24 nooddienste en Mooirivier Beskerming First Responder was op die aanvanklike ongelukstoneel.
Die man is toe verskuif na die sportgronde langs Mediclinic Potchefstroom sodat Rocket HEMS-personeel die man per helikopter na Netcare Garden City hospitaal in Johannesburg vir verdere behandeling kon vervoer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button