In sy meer as 60 jaar ervaring met lêhenne, het die 88-jarige Almur Smit van Parys al groter eier by sy henne uitgehaal, maar so ‘n grote het hy lank laas gesien.
Die eier wat Almur Vrydag by een van sy silwer Hy-line henne uitgehaal het weeg ‘n ongelooflike 134g. Gemeet teen ‘n standaard groot hoendereier wat gemiddeld tussen 51g en 58g weeg, is hierdie ‘n bielie van ‘n eier.
Dit oortref selfs die gemiddelde gewig van ‘n ekstra groot eier wat gemiddeld tussen 59g en 65g weeg, en ‘n Jumbo eier wat 66+g weeg.
Geen wonder dat daar op die Almur Smit Pluimveeplaas gespot is dat dié hen ekstra kos sal moet kry, want wie weet – dalk lê sy more ‘n goue eier.
You can read the full story on our App. Download it here.