Local news

Dink maar mooi voor jy daardie wagwoord gee

Swendelaars se vindingrykheid geen geen perke nie, en al wat hul nodig het is daardie wagwoord

Jou eerste gedagte is wat word daar nou gesmous, maar dan hoor jy dié storie klink ernstig.

Die stem oor die foon baie professioneel, en boonop glad met die bek.  Hulle dra immers ‘jou beste belange’ op die hart, hoor jy.

Wil net seker maak jy is nie die slagoffer van bedrog nie. En sowaar op jou foon se skerm is die bevestiging – ‘n oproep van die maatskappy se bedrogafdeling.

Maar loop maar lig  – swendelaars se slinkshede word slimmer by die dag.

Al wat hulle nodig het is jou eenmalige en unieke wagwoord (OTP) wat per SMS na jou selfoonnommer gestuur word, en met daardie wagwoord in die verkeerde hande, het hul ‘n vrye hand vir ongemagtigde transaksies waarvoor jy self toestemming gegee het deur die wagwoord aan ‘n derde party te gee.

Dikwels het hulle reeds jou naam, jou adres, en soms selfs jou ID-nommer. Hulle beskryf tot in die fynste detail hoe hulle vermoed  ‘iemand besig is om jou inligting te misbruik, en voor jy weet het die ‘op-en-wakker’ gladde bek operateur, jou geld in sy/haar sak, of dalk ‘n paar rand se lugtyd, data of wat meer.

In een so ‘n voorval waarvan ‘n Parysenaar so byna ‘n slagoffer was, het die operateur voorgegee om van ‘n bekende selfoondiensverskaffer se bedrogafdeling te wees.
So dink maar mooi vir wie jy daardie wagwoord gee.

Die beste raad is – as jy twyfel gaan maak seker by jou bank of diensverskaffer voordat jy inligting oor die foon gee waaroor jy dalk later baie spyt mag wees.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button