Local news

Eenstop mediese dienssentrum vir pasiënte-gerief

Wanneer dit kom by gesondheidsorg besef jy die waarde van 'n omvattende een-stop mediese dienssentrum wat gerieflik naby in 'n stil en maklik toeganklike omgewing is.

Met die amptelike opening van die nuwe Ampath laboratorium op die praktyk-perseel van drs. Bell en Gouws in Reuniestraat, bied hierdie mediese sentrum jou nou naas die dienste van die algemene praktisyns, ‘n gesondheidswinkel en die Ampath laboratorium, ook ‘n wondsorgkliniek, x-straal fa- siliteite en terapiesentrum waar die dienste van ‘n fisioterapeut, biokinetikus, kliniese sielkundige en scenar en trauma terapeut, beskikbaar is.

Die praktyk van drs. Walter Bell en Henriëtte de Vries is reeds 1 Augustus 2007 in Parys geopen. Drie jaar later in 2010 het dr. Gerrit Gouws by die gevestigde praktyk aangesluit, en was die visie om uiteindelik ‘n meer omvattende diens aan pasiënte te kan bied.

In 2013 open die stamsellaboratorium op die perseel, en aanvaar stamselbioloog, Ciska van der Schoor, diens by die laboratorium. ‘n Waardevolle toevoeging tot die praktyk waar spesifiek ook gespesialiseer word in stamselbehandeling.

 

Die vriendelike personeel by die eenstop mediese sentrum is van links Roelien Pretorius (wondassistent), Elzabe Bezuidenhout (wondsuster), Karen Grobbelaar (Ampath), Susan Slippers (Ampath), William Lefata (Ampath bode), Beverley Douglas (terapiesentrum ontvangs), Suleen Peens (biokinetikus), Stephanie Heathcote (fisioterapeut), dr. Walter Bell, dr. Gerrit Gouws, Riëtte Keyser (assistent), Melanie Blom-Cilliers (ontvangs), Yolanda Engelbrecht (admin), Marlene van der Westhuizen (gesondheidswinkel), Jolene Janse van Rensburg (admin), Nicholene van Heerden (ontvangs), Ciska van der Schoor (stamselbioloog), Cornel Steyn (verpleegkundige) en Retha Breedt (radiografis). Dr. Henriëtte de Vries en Petra du Preez (wat spesialiseer in scenar en trauma terapie) is nie op die foto nie.

 

Leonie Lubbe (kliniese sielkundige) by die terapiesentrum.

In April 2022 is daarin geslaag om die Ampath laboratorium en radiologie dienste van dr. Johann Schutte & Vennote op die praktyk-perseel te kry. Dit het beteken dat pasiënte wat patologie of x-straal dienste benodig, dit nou hier by die praktyk-perseel kon doen. Die bestaande terapiesentrum wat reg langs die praktyk in Reuniestraat was, het daarna ook deel geword van die sentrum, en het die wondkliniek in September 2022 na die perseel geskuif.

Dit beteken dat pasiënte nou die voordeel het van die dienste van verskeie professionele mediese diensverskaffers op een perseel met volop parkering, en wat ten volle toeganklik is vir gestremdes.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button