
Vanaand was ongetwyfeld van die groot hoogtepunte van die Hoërskool Parys Almuni Namgola Sportweek met beide Parys se eerste netbal en rugbyspanne wat in aksie was.
Hoewel Parys se o.19 netbalspan in ‘n naelbyt wedstryd die knie moes buig voor die span van Bothaville met ‘n telling van 25-20, het die spanne gesorg vir ‘n ongelooflike wedstryd vol aksie.

Parys se eerste netbalspan. Foto: Hoërskool Parys Facebook-blad
Ook op die rugbyveld het Pionier oor Parys geseëvier met ‘n eindtelling van 33-8, maar is ondersteuners nie teleur gestel met skitterende spel

‘n Oomblik van stilte.
En na die wedstryde het Ray Dylan gesorg dat die aand op ‘n hoë noot afgesluit is.


‘n Aand waarna lank uitgesien is.



