Local news

Kom kyk unieke vlotte hierdie Saterdag op die JOOLplaas

Tesame met die vlotte gaan daar talle aktwiteite, plaaslike vermaak en kosstalletjies op die Joolplaas wees.

Op Saterdag, 1 April gaan die jaarlikse JOOL vlotte ‘n kreatiewe en kleurvolle nuwe baadjie aantrek.

Die vlotte gaan vanjaar op die NWU se Joolplaas vertoon word en sal nie soos vorige jare deur die dorp beweeg nie.

Die unieke vlotte, waaraan studente, dae lank aan gewerk het, kan vanaf 08:00 op die Joolplaas besigtig word.

Foto’s van verlede jaar se JOOL-vlotte

Tesame met die vlotte gaan daar talle aktwiteite, plaaslike vermaak en kosstalletjies op die Joolplaas wees. Dit vorm als deel van die bRAGdag wat vanjaar as deel van JOOL plaasvind.

Daar sal teen 07:30 ‘n 5km pretdraf wees. Registrasie begin alreeds 06:30. Kostes is R50 per persoon, terwyl kinders onder 10, gratis sal deelneem.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button