Sport

‘n Week van opwindende rugby en netbal in Parys

Maak seker jy kry jou toegangsbandjie om deel te wees van hierdie opwindende week met groot rugby- en netbalaksie in Parys.

Rugby- en netbalspelers van 24 skole sal van 27 tot 31 Maart aan die Hoërskool Parys Alumni Namgola Parys sportweek deelneem met 37 rugbywedstryde, en 24 netbalwedstryde wat gedurende die sportweek hier gespeel word. Die wedstryde sal op Super Sport Schools se twee kanale uitgesaai word.
Vir die dorp beteken dié week ‘n enorme toerisme inspuiting met na raming sowat 536 rugbyspelers, 76 netbalspelers, 101 afrigters, 15 nasionale Valke rugbyskeidsregters, en agt Fezile Dabi streekskeidsregters wat gedurende die week in Parys sal wees.
Van die hoogtepunte van die week naas die wedstryde, sluit in SA Rugby se Bafana Nhleko, SA Junior Springbok hoof rugby-afrigter wat aan boord is, asook Protea netbalafrigter, Esunet du Plessis.

Die voormalige provinsiale rugbyspeler en pa van Blitsbok-sterre, Muller en JP du Plessis, kom ook rek versterkingsessies aanbied.

Skole wat deelneem sluit in Hoërskool Staatspresident Swart Brandfort, Hoërskool Belvedere Benoni, Hoërskool Heilbron, Hoërskool Pionier Vryheid, Die Anker Skool in Vanderbijlpark, HTS Sasolburg, HTS Carel de Wet in Vanderbijlpark, Hendrik Potgieter Reddersburg, President Steyn Bloemfontein, Paul Erasmus Senekal, Hoërskool Ladybrand, Hoërskool Retief Kestell, Vaalpark Hoërskool, Hoërskool Balfour, Hoërskool Bothaville, Hoërskool Sasolburg, New Horizon College Harrismith, Hoopstad Hoërskool, Hoërskool Panorama Kemptonpark, Hoërskool Wessel Maree Odendaalsrus, Hoërskool Zeerust, Hoërskool Hennenman, Hoërskool Suiderlig Vanderbijlpark en Hoërskool Parys.

Dié rugby week is die eerste keer in 2014 aangebied met die doel om geleenthede te bied aan plattelandse rugbyspelers. Toe het agt rugbyspanne deelgeneem. Nege jaar later is daar 24 spanne.
Die behoefte is egter raakgesien om ook netbalspelers by die week te betrek, en word dit vanjaar vir die eerste keer gedoen met agt netbalspanne wat aan die sportweek sal deelneem.

Die spelers sal by Udolpho, Dimalachite, Real Adventures, Stonehenge en Gentle Breeze Retreat gehuisves word, en sal Ray Dylan sal ook tydens die week optree.

Daar sal op die Hoërskool Parys se terrein ‘n toegangsbandie verkoop word teen R80 wat jou toegang vir die hele week se rugby- en netbalwedstryde gee, asook die ‘Giant slides’ wat op die perseel sal wees, en die Ray Dylan vertoning. Slegs 1 200 toegangsbandjies is beskikbaar.

Maak seker jy kry jou toegangsbandjie om deel te wees van hierdie opwindende week met groot rugby- en netbalaksie in Parys.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button