Local news

Slordige toestand en gebrek aan beheer by stortingsterrein ‘n skande

Die toestand van die stortingsterrein dra by tot stortings op onwettige terreine.

Ngwathe se munisipale vullisstortingsterrein buite Parys het volgens die jongste AfriForum ouditverslag weer swak gevaar.

Die foto is by Parys se vullisstortingsterrein geneem. 

Dit terwyl buurdorpe soos Potchefstroom in net drie jaar dit kon regkry om van ‘n skamele 15% tot ‘n uitstaande 94% te presteer. Nadat Potchefstroom se ouditsyfer net 15% in 2020 was, het dit verbeter na 48% in 2021, en toe ‘n uitstekende 82% in 2022.
Vanjaar het dié terrein selfs nog beter gevaar met ‘n 94% volgens die jongste ouditverslag.
Dit danksy ‘n plaaslike kontrakteur wat dit kon regkry om Potchefstroom se stortingsterrein letterlilk soos ‘n fenix uit sy eie as te laat herrys, nadat die J.B. Marks Plaaslike Munisipaliteit van ‘n vorige onbevoegde kontrakteur ontslae geraak het.

En so lyk dit by die Potchefstroomse vullisstortingsterrein. 

AfriForum het 13 vullisstortingsterreine in die Vrystaat en Noordwes geoudit, en dit was nie net Parys waar die bestuur van die stortingsterrein veel te wense oorgelaat het nie.
Die stortingsterrein in Heilbron wat ook onder die Ngwathe munisipaliteit val, lyk eweneens ellendig, soos baie ander dorpe waar die oudits gedoen is, het Alta Pretorius, streekkoördineerder van AfriForum se Mooirivier-streek gesê.

Related Articles

Back to top button