NewsNews

Studente gebruik voorgeskrewe medikasie om te leer sê studie

'n Onafhanklike studie deur dr. Chris Verster, ‘n psigiater van die Lentegeur-hospitaal in Mitchells Plain het bevind dat 10 – 20% van studente gebruik Ritalin of het dit al gebruik.

‘n Onafhanklike studie deur dr. Chris Verster, ‘n psigiater van die Lentegeur-hospitaal in Mitchells Plain het bevind dat 10 – 20% van studente gebruik Ritalin of het dit al gebruik.

Ritalin word aan kinders voorgeskryf om aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring(AGHS) te behandel. Dit behoort nie vrylik beskikbaar te wees nieen kan slegs met ‘n voorskrif van ‘n dokter verkry word. Dit blyk dat daar ‘n swartmark vir Ritalin en soortgelyke dwelms bestaan.

Verlede jaar het die Herald oor verskeie dwelm kwessies berig, onder studente asook skoliere het dit uitgekom dat hulle Ritalin gebruik om vir langer te kan konsentreer en studeer.

Die gewaar bestaan dat die misbruik van die dwelm tot angs en verslawing kan lei.

“Ek dink die gebruik van die medikasie kan toegeskryf word aan die akademiese druk waaronder studente soms is,” het Verster in Beeld gesê.

In ‘n artikel in die ‘South African Medical Journal, Vol 102, No 12, genaamd, ‘Moral perspectives on stimulant use by healthy students’ deur Verster en Van Niekerk, word aangevoer dat dit al vir duisende jare deel van die menslike kultuur is om te verbeter. 

“Ons kyk na beide kante van die argument, die promosie van verbeterings terapie asook die regulering en moontlik ook die voorkoming daarvan,” lui die artikel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button