Local news

Kabeldiefstal: Saak teen nege laat vaar

Die saak teen nege van die tien verdagtes wat Donderdag, 9 Maart deur die polisie in hegtenis geneem is vir beweerde kabel- diefstal, moes laat vaar word omdat daar nie genoeg getuienis was om hulle met die misdaad te kon verbind nie.

Een van die tien, die 45-jarige Mohau Tshabalala staan wel tereg op ‘n klag van die beskadiging of peuter met noodsaaklike infrastuktuur en het Vrydag, 17 Maart in die landdroshof in Parys vir ‘n formele borgaansoek verskyn.
Volgens polisiewoordvoerder, sers. Josephine Rani, het die polisie omstreeks 04:00 die oggend van 9 Maart inligting gekry dat daar langs die R59 vir koperkabel gegrawe word.
Daar is blitsig gereageer, waarna ‘n man in die sloot betrap is waar hy nog aan die grawe was om die ondergrondse kabel uit te trek. Van die ander verdagtes is later in die Tambo en Mbeki-woonbuurte in Tumahole vasgetrek, het sers. Rani gesê. Die polisie het beslag op onder meer grawe en koperkabel gelê.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button