Local news

“Hy was ‘n pa vir ons almal” – vise-president van motorfietsklub los groot leemte

By die Potchefstroom Kings Motorfietsklub is daar seer harte met die skielike afsterwe van hul, visie-president, Fred Pretorius (55) in 'n motorfietsongeluk op Sondag, 19 Maart.

By die Potchefstroom Kings Motorfietsklub is daar seer harte met die skielike afsterwe van hul, vise-president, Fred Pretorius (55) tydens ‘n motorfietsongeluk op Sondag, 19 Maart.

Fred en sy vrou, Suzette (ook ‘n lid van die klub) het op die Rysmierbultpad met sy motorfiets gery, toe die ongeluk plaasgevind het. Hy het vermoedelik beheer oor sy motorfiets verloor en het aan sy beserings beskwyk. Suzette is tans nog in ‘n kritieke toestand. Nadat nooddienste haar op die toneel behandel het, is sy na MediClinic Potchefstroom per ER24 ambulans vervoer. Sy is daarna vanaf Mediclinic per helikopter na die Netcare Milpark Hospitaal gevlieg.

Fred en Suzette op sy motorfiets. Fred was vir 8 jaar betrokke by die Potchefstroom Kings Motorfietsklub. Hy was ook vier jaar die vise-president.
Fred en Suzette Pretorius.

Lourens Laubscher, president van die klub, noem dat Fred ‘n vaderfiguur vir almal by die klub was, en baie vir die mense om hom beteken.

“Hy was ‘n vriend, pa en ‘n mentor vir almal gewees. Hy het ‘n wonderlike goeie hart gehad. Almal gaan hom baie mis,” het Laubscher hartseer gesê.

Marco Jooste, ‘n ander klublid, het ook op Facebook medelye gedeel:

“Jy gaan baie gemis word en ek sal nooit jou spesiale woorde vergeet nie. Baie dankie vir die impak wat jy in my lewe gemaak het. Ry daardie golden highway vir ons tot ons mekaar weer sien. Baie lief vir jou vir altyd.”

Fred was sedert 2018 vise-president en was ook al sedert 2015 by die klub betrokke. Fred was saam met Potch Kings by verskeie projekte betrokke wat sy omgeehart uitgebeeld het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button