Local news

Stigting van gemeenskapsforum vir Parys beoog

Alle organisasies word genooi om vrywilliglik deel te word van die forum en as jy van nog rolspelers weet wat 'n positiewe bydrae tot die forum kan lewer, nooi hulle na die stigtingsvergadering op 11 April.

Daar word beoog om op 11 April van 14:00-16:00  ‘n Gemeenskapsforum vir Parys te stig by die NG Suid kerk in Rubenstraat,
Die gedagte om die forum te stig het ontstaan uit die behoefte dat groepe in Parys moet saam staan en saam werk sodat daar ondersteuning is vir die groot aantal verdienstelike projete wat in die dorp gedoen word.
Daar is baie groepe met goeie idees. Almal doen goeie werk, maar as groepe nie weet van mekaar nie, kan dit beteken dat projekte wat tot voordeel van die gemeenskap aangepak word, oorvleuel. Vandaar die behoefte om bymekaar te kom en saam besin oor samewerking in Parys.
Die gedagte is nie dat enige organisasie die forum moet beheer nie, en ook nie om die funksies van bestaande instellings dupliseer nie, maar bloot om ‘n platform te skep vir organisasies om mekaar te ondersteun. Dit sluit in skole, kerke, klubs, besigheidsorganisasies, belastingbetalersverenigings, die ATKV, FAK, Helpende Hand, Solidariteit, Mooi Parys, Save Ngwathe, landbou organisasies ens.
Mense wat die vergadering wil bywoon word gevra om die Rubenstraat-ingang na die kerkterrein te gebruik vir parkering.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button