NewsNews

Skryf en vertel van jou gunsteling eetplek

Vir die tweede agtereenvolgende jaar gaan Eat Out hul lesers se gunsteling eetplekke bekroon as die Eat Out Mercedes-Benz Beste Alledaagse Eetplekke. Die wenners sal bepaal word volgens resensies en stertoekenings deur die publiek op www.eatout.co.za oor ’n tydperk van een jaar.

Vir die tweede agtereenvolgende jaar gaan Eat Out hul lesers se gunsteling eetplekke bekroon as die Eat Out Mercedes-Benz Beste Alledaagse Eetplekke. Die wenners sal bepaal word volgens resensies en stertoekenings deur die publiek op www.eatout.co.za oor ’n tydperk van een jaar.
Kosliefhebbers word uitgenooi om hul resensies van restaurante regoor die land te deel om die mense se gunsteling eetplekke in die verskillende provinsies te vind.
Daar word veral ook gesoek na resensies en stertoekennings vir restaurante in die Vrystaat. Gaan kyk gerus ook op die Eat Out webwerf by https://goo.gl/p32qlq. Die hutsmerk wat jy kan gebruik is: #EatOutBest.
Die 2016 kategorieë is:
Best African Eatery
Best Asian Eatery
Best Bistro
Best Burger Eatery
Best Coffee Shop
Best Country-Style Eatery
Best Indian Eatery
Best Italian Eatery
Best Seafood Eatery
Best Steakhouse
Best Food Truck (new)
Best Tapas Eatery (new)
Best Mexican Eatery (new)
Die Eat Out Mercedes-Benz Best Everyday Eateries is die eerste keer in 2015 gehou met 10 kategorieë vir elke provinsie. Vanjaar is drie nuwe kategorieë bygevoeg en mense nou geleentheid om te stem vir die restaurante wat hulle die graagste saam met vriende en familie besoek.
Mercedes-Benz is dan ook vir die tweede jaar agtereenvolgens die borg.
Hoe werk die toekennings:
Oor die jaar periode besoek die publiek eatout.co.za om vir die restaurant van hul keuse te stem en ’n  resensie te plaas. In elk van die kategorieë in elk van die provinsies, sal die kwalifiserende restaurante met die hoogste ster graderings tussen 1 Oktober 2015 en 30 September 2016, bekroon word by vanjaar se Eat Out Mercede-Benz Best Everyda Eateries.
Twee kroningsgeleentheid word in Oktober 2016 in Gauteng en Kaapstad onderskeidelik gehou.
Vir elke resensie wat geplaas word, skenk Eat Out ’n  maaltyd vir ’n  honger kind deur die Stop Hunger Now South Africa veldtog. Eat Out gee ook R1 000 vir een gelukkige resensieskrywer per maand tot einde September 2016.
Al die resensies wat in die jaar periode geskryf is, sal bepalend wees vir watter restaurante uiteindelik as wenners gekroon word. Skryf nou jou resensie by
https://www.eatout.co.za/write-review/

Related Articles

Back to top button