Local news

Noue ontkoming toe bakkie in rivier in loop

Die polisie en nooddienste was baie vinnig op die toneel en kon die voertuig uit die water gehaal word. 

‘n Man van Parys het Sondagaand 19 Maart net na 18:00 ‘n noue ontkoming gehad toe sy bakkie by Grewarlaan in die rivier ingeloop het.

Die man het vroeër die dag op die oewer gesit en visvang. Laatmiddag het hy in die voertuig geklim om dit te skuif. Hy het die voertuig aangesluit, maar  toe hy rem trap, was daar skiellik nie remme nie. Hy het toe die voertuig in tru-rat probeer sit, maar het ook dit nie gewerk nie, en het die voertuig teen die rivierwal begin afloop. Hy kon net betyds by die voertuig se venster uitkom voor dit in die water in is.

Die polisie en nooddienste was baie vinnig op die toneel en kon die voertuig uit die water gehaal word.

Dankie aan die polisielede, Parys Medix, We Care, Johnnys Panelbeaters, Prinsloo Recovery  en Security Master wat hulp op die toneel verleen het.

Die voertuig was teen net voor 19:00 uit die water.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button