Local news

Vredefort maak mooi vir Paasbelewenis

'n Gemeenskap wat saamstaan om van Paasfees 'n spesiale belewenis te maak.

Ry jy deur die Vrystaatse dorpie, Vredefort, sien jy hier is dinge aan die gebeur. Inwoners en boere van die gemeenskap wat hande vat met die munisipaliteit om hul dorp netjies te maak, want die tyd kom nader om soos verlede jaar, ‘n spesiale Paasfeesbelewenis vir besoekers en die mense van Vredefort te gee.
‘n Unieke viering van Goeie Vrydag op 7 April van 11:00 tot 13:00 wanneer mense self hul eie kruis sal opneem om die 3 kilometer sirkelroete deur die dorp se strate te stap. Langs die roete – uitbeeldings van die lewe van Jesus, wat vanjaar weer nuut voorgestel word.
Verlede jaar het 1 500 mense van heinde en ver gekom om op Goeie Vrydag die Vrystaatse Via Dolorosa te stap. Vanjaar word reggemaak vir 2 000 mense met ‘n tent wat by die dorp se sportgronde opgeslaan word waar die Kruistog begin en eindig.
Die foto’s is tydens verlede jaar se Kruistog in Vredefort geneem.

Toe die Kruistog-inisiatief in 2021 gebore is, is hard gewerk om die sportgronde netjies te kry, en sal daar weer voor Paasnaweek by die sporgronde, en langs die dorp se strate skoongemaak word.

Selfs die speelparkie in Eerstelaan word vanjaar deur die gemeenskap en boere onder hand geneem om skoon te maak. Vandeesweek sou die speelapparaat herstel en geverf word. Dan sou die dorp se fontein by die Kroonstad-ingang na die dorp ook nog skoongemaak, en die dorpsingange verfraai word

Verlede week het die dorp se jeug begin blomme vou vir die versiering van die splinternuwe vlot wat die graftoneel uitbeeld en vanjaar se optog sal lei. Die vlot met die kruis wat verlede jaar die optog gelei het, sal ook weer deel wees van die konvooi.
Daar is geen toegangsgelde of kostes verbonde aan Die Kruistog nie. Die organiseerders maak staat op eie fondse, borge en skenkings vir alle uitgawes, en wil graag so tot seën van die gemeenskap wees.
Die volledige program, asook ander inligting is op die webblad, www.kruistog.co.za. Nooi jou bure en familie en kom deel in ‘n onvergeetlike Paas-ervaring.
Gewillige hande het ook weer gister gewerk in Vredefort se parkie in Eerstelaan.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button