Local news

Misdaadstatistiek: ‘Gauteng verloor stryd teen misdaad’ – VF Plus

Fochville het van die hoogste syfers van veediefstal in die provinsie.

Die Vryheidsfront Plus sê Gauteng se jongste misdaadstatistieke vir Oktober tot Desember verlede jaar, wys dat die polisie die stryd teen misdaad in dié provinsie verloor het.

Tussen Oktober en Desember 2022 is altesaam 1 721 mense in Gauteng vermoor.

Daar was ʼn styging van 9,6% in die aantal moorde is in ooreenstemming met die vorige drie maande.

“Die smouse het hulself teëgesit en die diewe met klippe bestook. Die bende het in ʼn motor geklim en weggejaag waarna hul later te voet teruggekeer het en die straatverkopers en bystaanders doodgeskiet het,” vertel Hoffman.

In ‘n ander voorval is ses ontbinde liggame ook by ʼn paneelklopper in Johannesburg gevind. Die polisie ondersoek ʼn saak van mensehandel.

Dertien polisielede is vermoor waarvan vyf aan diens was en agt van diens was.

Kontakmisdade (misdaad teen persone) het met 8,3% gestyg tot 50 039. In die tweede kwartaal is 46 221 gevalle aangemeld.

Die VF Plus sê hy is bekommerd oor die styging in veediefstal waar 337 gevalle aangemeld is.

“In Bronkhorstspruit (Pretoria-omgewing) en Fochville (Wes-Rand) is die meeste veediefstalle aangemeld.

“Veediefstal kan dreigemente tussen plaasboere en rowers veroorsaak wat kan lei tot moontlike plaasaanvalle,” vertel Hoffman.

Volgens Hoffman het trio-misdade gestyg met 27 transitorooftogte en 307 vragmotorkapings.

In 102 gevalle het mense die reg in hul eie hande geneem wat daarop dui dat die polisie nie meer vertrou word om misdaad op te los nie.

“Werkloosheid het sy tol op winkeldiefstal geëis met ʼn styging van meer as 28%. In drie maande is 3 984 winkeldiefstalle aangemeld.

“Gauteng met die hoogste stygende misdaadsyfer in die land is duidelik ʼn onveilige provinsie om in te woon en dra by tot 27% van die land se misdaad,” sê Hoffman.

Volgens Hoffman gaan die VF Plus vrae aan die Gautengse polisiekommissaris, lt.genl. Elias Mawela, rig om vas te stel of daar enige stappe geneem gaan word om die misdaadsyfers daadwerklik om te keer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button