School

Gemengde sukses vir Parys op die rugbyveld vandag

Sportweek beloof opwindende rugby en netbal wedstryde

Daar was gemengde sukses vir Hoërskool Parys vandag op sy tuisveld waar kragte gemeet is teen die o.14, 0.15, 0.16 en eerste rugbyspanne van Hoërskool Bothaville.

Parys se o.14 span wen met ‘n telling van 29-26, terwyl Parys se o.15-span ‘n skitterende wentelling van 45-7 kon behaal oor hul teenstanders.

Parys se o.16’s moes egter die onderspit delf (10-34), en so ook Parys se eerste span wat die knie moes buig met ‘n telling van 14-19 in die guns van Bothaville.

Vandag se wedstryde het gesorg vir ‘n vol paviljoen ondersteuners, en kan Parysenaars ook eersdaags uitsien na uitstekende rugby en netbal met die baie gewilde Hoërskool Parys Alumni Namgola Parys Sportweek wat van 27-31 Maart hier deur Hoërskool Parys as gasskool aangebied word. Nie minder nie as 36 rugbywedstryde en 24 netbalwedstryde sal tydens die week gespeel word.

In totaal ongeveer 552 rugbyspelers, 79 netbalspelers, 70 afrigters, 15 nasionale Valke rugbyskeidsregters, en 8 Fezile Dabi netbal streek skeidsregters wat in Parys sal wees vir die sportweek.

As bonus is daar tydens die week ook ‘n optrede deur Ray Dylan .

Hoërskool Parys se volgende tuiswedstryd is op 15 April wanneer daar teen die spanne van Overvaal gespel word.

Op 22 April speel Parys teen Heilbron.

Die foto’s is geneem tydens die eerste span se wedstryd vandag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button