Mense het eenvoudig hul harte en beursies oopgemaak vir die nood van die plaaslike DBV met ruim skenkings van onder andere hondekos wat ingesamel is deur die plaaslike sakeondernemings, Anna Patat en Sweet Peace.
Danksy elke bydrae van die publiek wat gereageer het op die oproep tot hulp, kon die skenkings Vrydag 17 Maart vir die viervoete by die DBV afgegee word.
Onthou dat skenkings van skoonmaakmiddels en honde- sowel as katkos altyd by die DBV verwelkom word. As jy nie kan bydrae nie, kan jy altyd ‘n draai by die SPCA Charity Shop oorkant die Pick ‘n Pay-sentrum in Philipstraat maak, waar jy sommer baie winskopies sal raakloop. Met dit wat jy by die SPCA Charity Shop koop, of vir hulle skenk om te verkoop, help jy ook jou plaaslike DBV wat staatmaak op die goedhartigheid van die publiek en sakelui om hul deure oop te hou.