NewsNews

Goeie pryse behaal by Sentraal Streek Brangus veiling

’n  Rooi bul het die hoogste bedrag van R65 000 gehaal met die Sentraal Streek Brangus groep se veiling op 26 Mei in Parys. Die bul is verkoop aan Willem Avenant van Vryburg. Die verkoper was Theuns Hellmuth van Bultfontein. Kopers en verkopers het mekaar gekomplimenteer vir die goeie diere wat die dag by die …

’n  Rooi bul het die hoogste bedrag van R65 000 gehaal met die Sentraal Streek Brangus groep se veiling op 26 Mei in Parys.
Die bul is verkoop aan Willem Avenant van Vryburg. Die verkoper was Theuns Hellmuth van Bultfontein.
Kopers en verkopers het mekaar gekomplimenteer vir die goeie diere wat die dag by die veiling was.
Die gemiddeld van die bulle het ’n  bedrag van
R 35 388 behaal.
Die duurste rooi koei en kalf is verkoop aan Theuns Hellmuth van Bultfontein vir ‘n bedrag van R 55 000. Die verkoper was Willem Avenant van Vryburg. Die koeie met kalwers het ‘n gemiddeld van R 23 578 bereik.
Die rooi dragtige koei wat vir die hoogste bod verkoop is, is deur De Wet en Sias Booysen van Rothdene verkoop aan Frans Geldenhuys van Christiana vir ‘n bedrag van R 17 000, terwyl die gemiddeld R 10 675 was.
Die oop koeie het vir ’n  gemiddeld van R 10 000 per stuk verkoop.
Die duurste rooi dragtige vers is verkoop deur Ferdie Naude van Theunissen aan Flippie Kotze van Aliwal-Noord vir ‘n bedrag van R 26 000, die gemiddeld wat behaal is op die verse was R 14 250, terwyl die oop verse verkoop is teen ‘n gemiddeld van R 7 434.
Jan Mostert was die afslaer en die veiling is moontlik gemaak deur BKB Louwid Vereeniging

Related Articles

Back to top button