Nou is dit 7 vir Kaylyn
Nog 6 A's vir Hoërskool Parys na hermerk

Hoërskool Parys spog met nog 6 vakonderskeidings na die hermerk van die eindeksamen vraestelle van die skool se matrikulante van 2022.
En dit is nie al nie! Kaylyn Vertenten is nou die skool se toppresteerder met 7 vakonderskeidings nadat sy nog ‘n A-simbool bygekry het vir Afrikaans Huistaal. Sy spog dus nou met onderskeidings in Engels Eerste Addisionele Taal, Fisiese Wetenskappe, Lewensoriëntering, Rekeningskunde, Lewenswetenskappe, Wiskunde en Afrikaans Huistaal.

Kaylyn Vertenten
Chané Eykelhof wat reeds ‘n onderskeiding vir Lewensoriëtering gehad het, het nou ook onderskeidings vir Engels Eerste Addisionele Taal en Toerisme.
Chantell de Lange wat ‘n onderskeiding in Lewensoriëntering gehad het, het twee onderskeidings bygekry vir Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal onderskeidelik.
Hes-Mari van der Merwe wat onderskeidings in Lewensoriëntering en Toerisme gehad het, het ‘n onderskeiding bygekry vir Engels Eerste Addisionele Taal.



