Local news

Bekende kunstenaars se werke nou hier gesien

Ons plaaslike kuns is van uitstaande gehalte en dit maak mens baie trots om te weet dat hierdie uitnemendheid nou met die wêreld gedeel kan word

Die Voortrekkermonument (VTM) vertel al vir jare die Afrikaners se verhaal met verskeie
uitstallings wat oor die geskiedenis heen ons erfenis vasvang. Vanjaar word dié unieke
erfeniservaring nóg meer uitgebrei met ’n geskiedkundige kunsuitstalling wat in die VTM
tuiste gekry het.
Die Voortrekkermonument se Senotaafsaal is verlede jaar tydens Gelofteweek vir die eerste
keer in die geskiedenis omskep in ’n kunsgalery waarin die werk van ons land se
topkunstenaars gesien kon word.

Marize-Moller-se-die-nuwe-uitstalling-dui-op-die-uintnemendheid-van-Suid-Afrikaanse-kuns

Vanjaar het die VTM besluit om ’n permanente tuiste te skep vir hierdie kunstenaars en só
die uitstekende plaaslike kuns aan ’n internasionale gehoor bloot te stel.
Kobus Möller, een van die kunstenaars wie se kuns hiér by die Kundramus-galery uitgestal
word, het vertel dat hy baie uitsien daarna dat eg-Suid-Afrikaanse kuns ook nou kan koning
kraai by die VTM.
“Tydens die Covid-19-pandemie het baie kunstenaars swaargekry en was dit baie moeilik
om uitstallings te hou, so ons is besonders dankbaar vir die VTM en dr. Danie Langner wat
nie gehuiwer het om ons hier te akkommodeer nie,” het hy vertel.
Elsa Cornelissen, Lute Vink, Dawie Fourie, Nic Grobler, Sanette Boshoff en Piet Smit se
werk word ook hiér uitgestal.

Kobus-Moller-se-hy-is-besonders-dankbaar-vir-die-geleentheid-om-by-die-VTM-te-kan-uitstal.

Die galerybestuurder, Marize Möller, het op haar beurt gesê sy is besonders opgewonde oor
hierdie uitstalling omdat dit Suid-Afrikaanse kuns aan ’n groter gehoor blootstel.
“Hierdie nuwe galery in die VTM bied ’n fantastiese geleentheid vir ons kunstenaars om hul
kuns aan al die VTM se internasionale besoekers te kan blootstel.

Ons plaaslike kuns is van uitstaande gehalte en dit maak mens baie trots om te weet dat hierdie uitnemendheid nou
met die wêreld gedeel kan word,” het sy vertel.
Sy het verder vertel dat die Kundramus- (wat ’n samevoeging is van die woorde “kuns,
drama en musiek”) galery ontstaan het uit ’n behoefte vir kunstenaars om hul kuns te kan
uitstal, daarom is die feit dat dit juis in die VTM, die Suid-Afrikaners se Kultuurtuiste, gestalte
kon kry besonders betekenisvol.

Die-bekende-sanger-Piet-Smit-stal-ook-van-sy-kuns-by-die-VTM-uit-

“Wanneer jy kyk na die geskiedenis en die pad wat die Voortrekkers gestap het, was dit
nooit maklik nie, maar dit is juis hul opofferings wat vir die Afrikaner die lewe gebou het wat
ons vandag het,” het sy uitgebrei.
“Ek dink mens kan amper dieselfde na hierdie kunstenaars kyk wat pioniers in hul eie reg is.
Dit is met hulle deursettingsvermoë wat Suid-Afrikaanse kunste ontwikkel is tot wat dit
vandag is.”

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button