NewsNews

Langkuifarend – mooi roofvoël van ons omgewing

'n Egpaar van Parys, Gert en Lenie Coetzee het vandeesweek ’n prag foto ingestuur van ’n Langkuifarend wat hulle in hul tuin afgeneem het. Jan Fourie van die Feathers Voëlklub vertel meer oor die voël:

‘n Egpaar van Parys, Gert en Lenie Coetzee het vandeesweek ’n  prag foto ingestuur van ’n  Langkuifarend wat hulle in hul tuin afgeneem het.
Jan Fourie van die Feathers Voëlklub vertel meer oor die voël:
Die Langkuifarend/Long-crested Eagle (Lophaetus occipitalis), is een van ons kleiner arende (53 – 58cm). Hy word uitgeken aan sy glansende warm bruin tot swart verekleed en dan is sy uitstaande kenmerk sy lang kuif (sien foto). Vandaar die naam. Die mannetjie en die wyfie lyk eenders. Hulle roep is ’n  lang, skerp fluit.
Langkuifarende word redelik gereeld in ons omgewing gesien, veral in die boomryke dele langs die Vaalrivier, wat hul voorkeur habitat is.
Ons sien hulle gewoonlik alleen, maar hulle is ook al in pare bymekaar waargeneem. Hul geliefkoosde sitplek is op die top van bome of heinings en kragpale waar hulle op die uitkyk is vir prooi.
Die voëls is baie gebiedsgebonde, daarom sal hulle gereeld in dieselfde omgewing waargeneem word.
Hulle jag gewoonlik vir prooi vroeg in die oggend en in die laat namiddag.
Hulle dieet bestaan hoofsaaklik uit vleirotte en ander knaagdiere, maar hulle sal ook paddas, slange en ander reptiele en insekte vreet.

Related Articles

Back to top button