Sport

Parys-swemmers sesde in VS

Baie geluk aan hierdie swemmers

Swemmers van Hoërskool Parys het op 22 en 23 Februarie aan die Vrystaatse Skole swemgala in Bloemfontein deelgeneem waar Parys se swemspan in ‘n skitterende sesde plek geëindig het.
Die eerste vier plekke per item het bygedra tot die onderskeie deelnemende skole se algehele plasings.
Die skole wat deel was van hierdie gala was Grey College, Hoërskool Sentraal, Sasol Hoër, St Andrews High, Hoërskool Trio Kroonstad, Hoërskool Parys, Hoërskool Landbou, Welkom Gimnasium, St Dominics College, Hoërskool Voortrekker, Hoërskool Witteberg, Goudveld Hoër, Hoërskool Brandford, Hoërskool Bultfontein en Jim Fouché.
Swemmers kon vir 5 items inskryf. Al die Parys swemmers (Zandré van Riet, Henk Small, Xander Pretorius, Dregan Brink, Cay-Din Oelofse en Bay-Linn Oelofse) het in 3 tot 5 van hul items in die finaal geswem. Die top 7 posisies van die uitdunne kwalifiseer vir die finale.
Die swemmers wat top 3 plekke behaal het is:
Bay-Linn Oelofse (do.16): 2 x 1ste plekke en 1 x 2de plek (eindig onder die top 10 van haar ouderdomsgroep), Cay-Din Oelofse (so.14): 3 x 2de plekke en 1 x 3de plek (eindig onder die top 10 van sy ouderdomsgroep), Dregan Brink (so.15): 1 x 3de plek, en Zandré van Riet (so.17): 1 x 3de plek. Die seuns aflosspan wat bestaan het uit Cay-Din, Dregan, Henk en Xander het 4de plekke behaal vir Leeraflos en 200m. bKruipslagaflos behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button