Ruikers ‘n stille getuienis van ‘n nag se tragedie
Gedenkdiens vir munisipale elektrisiëns vanmiddag gehou

Die twee ruikers wat teen ‘n boom in Hospitaalweg geplaas is op die toneel waar Emmah Rocolo, senior elektrisiën van die Ngwathe munisipaliteit en n private kontrakteur, vandag presies n week gelede in n noodlottige motorongeluk gesterf het, en die enkele ruiker by die transformator in Boomstraat, waar nog n munisipale elektrisiën, Elias Search Letsaba vroeër daardie selfde aand beseer is en gesterf het, was vanmiddag die stille getuienis van n dubbele tragedie wat die gemeenskap en hul kollegas diep geraak het.
N Roudiens vir Elias en Emmah is vanmiddag by die Master Nakedi sportsentrum in Tumahole gehou en sal hul Saterdag te ruste gelê word.




Elias en van sy kollegas was daardie dag besig om n transformator te vervang toe n insident plaasgevind het. Naas Elias is van die ander spanlede en n hyskraanoperateur ook beseer.

Kort hierna het Emmah en die private kontrakteur wat albei by die Boomstraat toneel was, in n afsonderlike insident gesterf toe die bakkie waarmee hulle onderweg was na die hospitaal om traumabehandeling vir Emmah te kry, teen n boom op n sypaadjie in Hospitaalweg gebots het. Beide is op die toneel dood verklaar.

Ons diepe medelye met hul families in hierdie hartseer tyd.



