Local news

Vloedskade en versekering: Moenie inligting weerhou wanneer jy versekering uitneem nie

Onthou dat elke geval individueel hanteer word op meriete wat die risiko aanbetref.

Met die Vaalrivier se watervlak wat nou drasties begin sak het, lê die taak vir huis- eienaars en eienaars van oorde teenaan die rivieroewer voor om ‘n beraming van skade te doen, op te ruim, en te herstel, maar hoe werk dit met skadevergoedingseise in geval van vloede, en vloedlyne?
Gazette het met Dawie Bornman, eienaar van Vaalrivier Makelaars, gesels.
Vloedlyne
In Suid-Afrika moet ‘n vloedlyn ingevolge Artikel 144 van die Nasionale Waterwet van 1998 (Wet 36 van 1998) aangedui word. Dit is die hoogste punt wat waarskynlik tydens ‘n storm bereik sal word. Die doel van hierdie wet is om ontwikkelaars/grondeienaars of inwoners/huurders/grondgebruikers in kennis te stel van die gevare van oorstromings, en dat strukture nie onder die vloedlyn opgerig moet word nie.
‘n Algemene wanopvatting is dat ‘n 100 jaar-vloed waarskynlik net een keer elke 100 jaar sal voorkom. Statisties is daar ‘n 63,4%-kans dat een of meer oorstromings in ‘n tydperk van 100jaar kan plaasvind. Rampe kan jou binne ‘n oogwenk van alles ontneem waarvoor jy jare lank gewerk het, en indien jy nie korttermynversekering het nie, gaan jy moeilik die skade oorkom.
Algemene korttermyn versekeringsdekking:
Oor die algemeen is die volgende natuur risiko’s gedek ten opsigte van jou besittings in terme van kortermynversekering: Storms, vloede, wind, water, hael of sneeu.
Dit is egter belangrik om met die aanvang van jou kortermynversekeringskwotasie in alle gevalle alle wesenlike feite met betrekking tot die risiko wat dit wat jy verseker te openbaar. As jou eiendom langs ‘n dam of rivier is, maak seker dat jy weet waar die verskillende vloedlyne is. Openbaar die afstand van die dam of rivier tot by jou woonhuis. Dit gaan bepaal of die verseke- raar vloeddekking gaan insluit of weier
Onthou dat elke geval individueel hanteer word op meriete wat die risiko aanbetref.
Uitgebreide dekking tot bogenoemde risiko’s is belangrik :
Dit sluit in opruimingskoste, alternatiewe verblyf, alternatiewe verblyf vir troeteldiere, en koste vir die voorbereiding van ‘n eis
Dit is belangrik om seker te maak dat die versekerde bedrag van jou eindom voorsiening maak vir hierdie koste anders kan dit meebring dat jou eiendom onderverseker is.
Dekking verleen kan verskil van versekeraar tot versekeraar, en kan nie aanvaar word dat die dekking outomaties op jou korttermynversekering ingesluit is nie.
Vloedverwante versekeringseise word noraalweg hanteer soos enige ander eis.
Jy sal moet kwotasies kry vir vervanging of herstel. Met geboue is dit dalk nodig om professionele persone te nader om die skade aan die geboue te bepaal, waarna jy die eis by jou makelaar of versekeringsmaatskappy sal indien

Related Articles

Back to top button