Local news

Eens pragtige oord vervalle

Ngwathe besit egter tallle waardevolle bates wat tans deur verwaarlosing in duie stort, en geen inkomste lewer nie.

Ngwathe munisipaliteit is in die wurggreep van sy grootste finansiële krisis ooit. Tog faal die munisipaleit steeds om inkomste te verdien uit sy talle waardevolle bates, sommige tans onbenut en verwaarloos. So sê DA-raadslede vandeesweek in ‘n verklaring aan Gazette.
Hulle wys daarop dat Ngwathe se netto bedryfsverlies die afgelope geldjaar ‘n ongehoorde R212 miljoen was. Aan die einde van die vorige boekjaar, nege maande gelede (op 30 Junie), het Ngwathe ook ‘n enorme R1.5 miljard in agterstallige kraggelde aan Eskom geskuld. Hierdie skuld groei tans teen omtrent R10 miljoen per maand, lees die verklaring.
Ngwathe besit egter talle waardevolle bates wat tans deur verwaarlosing in duie stort, en geen inkomste lewer nie. Een hiervan is die Heilbronse Unie- feesterrein – tot onlangs ‘n gewilde en winsgewende ontspannings- en piekniekterrein by die dorpsdam. DA-raadslid Robert Ferendale was enkele dae gelede op ‘n oorsigbesoek aan die nou verwaarloosde terrein waar gesien is dat dakke, vensters, deure en elektriese kabels alles uitgeruk en weggedra is deur vandale en diewe. Hy is egter van mening dat wat oor is op die terrein kan, hoewel moeisaam en ten duurste, weer herstel word.

Hy sou gister aan amptenare skryf met die DA-raadslede se voorstelle, is verneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button