R57 weer oop na opruiming lei tot tweede botsing

Die R57 tussen Heilbron en Petrus Steyn is net na 15:00 vanmiddag weer oopgemaak vir verkeer, na ‘n tweede botsing vanoggend hier plaasgevind het terwyl opruimingswerk nog gedoen is van ‘n grusame botsingstoneel wat gister op dié pad gebeur het. Die eerste botsing was Dinsdagmiddag omstreek 17:00 toe die band van ‘n vragmotor  van ‘n …

Die R57 tussen Heilbron en Petrus Steyn is net na 15:00 vanmiddag weer oopgemaak vir verkeer, na ‘n tweede botsing vanoggend hier plaasgevind het terwyl opruimingswerk nog gedoen is van ‘n grusame botsingstoneel wat gister op dié pad gebeur het.

Die eerste botsing was Dinsdagmiddag omstreek 17:00 toe die band van ‘n vragmotor  van ‘n siviele  ingenieursmaatskappy vermoedelik gebars, en die voertuig by ‘n laagwaterbrug die pad verlaat het. Die vragmotor het swaar toerusting vervoer.

Een van die insittendes van die vragmotors is op die toneel oorlede, en die ander insittende is met minder ernstige beserings van die toneel vervoer.

Daar was nie ander voertuie in die botsing betrokke nie.

Omstreeks 10:30 het ‘n Kia bakkie egter met ‘n polisievoertuig gebots wat op die toneel was waar steeds opgeruim is vanoggend, Woensdag 1 Maart.. Die bestuurder van die Kia bakkie is met ernstige beserings per ambulans van die toneel vervoer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button