Local news

O die soete verleiding!

Het jy jou snytjie melktert gehad vandag?

Die soet kaneelverleiding kan jy moeilik weerstaan. As ‘n vulsel in ‘n pannekoek, broskors of skilferkors of sommer kortpad met korsloos, as ‘n kolwyntjie, in ‘n oliebol (doughnut), met ‘n Brownie-kinkel, of as geursel vir ‘n drankie. Melktert kraai koning hoe jy hom ookal bedien.

Hoop jy was vandag gelukkig om ook ‘n stukkie van die soet kaneelbederfie te kon geniet, want vandag, Maandag 27 Februarie is Nasionale Melktert-dag oudergewoonte gevier.

In Parys gaan dié dag nie verby sonder kreatiwiteit en variasie nie. Daarvoor sorg Koek Hoek Tuisgebak se Percy en Ernst, wat elke jaar nuwe lewe blaas in die tradisionele lekkerte.

Vanjaar is ‘n sjokolade melktert die eerste keer op die rak gesit, en vertel Percy dat dit sommer groot aftrek gekry het.

Nie eens die uitdagings van beurtkrag het gekeer dat die dag behoorlik gevier is nie, want melktert bly nou een maal ‘n treffer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button