Nog ‘n sluis sal vanmiddag, 27 Februarie om 15:00 by die Vaaldam toegemaak word wat sal beteken dat daar dan net 6 sluise nog oop sal wees.
Uitvloei by Bloemhofdam sal verder verlaag word na 2 600 kubieke meter per sekonde om 15:00, en na 2 400 kubieke meter per sekonde om 16:00.
Vaaldam is nou 109,63% vol en Bloemhofdam 105,9%.