Local news

Dankbaarheid ten spyte van skade

Die FAK se Udolpho Rivierplaas langs die oewer van die Vaalrivier net buite Parys, moes verlede naweek ontruim word weens die stygende vlak van die Vaalrivier en aanhoudende reën.

Volgens Marné Scholtz, woordvoerder van die FAK, is die veiligheid van gaste en personeel van die FAK en Udolpho Rivierplaas prioriteit, en is die besluit Saterdag geneem dat “ons nie die lewens van gaste en personeel in gevaar wil stel nie.”
Besoekers aan die oord het voordat daar ontruim moes word, nog Saterdagoggend die kleurryke herdenking van die slag van Majuba by die oord gevier. Lede van die FAK se Vaal-Kultuurnetwerk in die Vrystaat asook Erfenisstigting en VTM personeel het ingespring en hand bygesit om te help om die oord te ontruim.
Water is deur vier van die huise by die oord, en op plekke het jy meer as kniediepte in die water gestaan. Een van die ossewakampe het water gekry maar kon die ossewaens betyds geskuif word.

Foto’s: Facebook

Al het Udolpho skade, is die dankbaarheid groot dat daar nie verliese en groter skade is nie.

Related Articles

Back to top button