Local news

Kleuters gee vir hulle met nood

Met die projek daag Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) besighede, skole, kerke en invidue uit om betrokke te raak, en te help om 'n verskil te maak waar dit regtig saak maak in Parys.

Noag se Arkie kleuterskool het met hul Liefde-en-omgee-dag vanjaar ‘n groot verskil gemaak vir Vrystaat Versorging in Aksie se Met Hart-projek. Die kleuters en hul ouers het babaprodukte en klere ingesamel wat aan VVA oorhandig is. Dankie aan elkeen wat met oop harte en hande bygedra het om ‘n verskil vir iemand in nood te maak.
Wat is VVA se Met Hart-projek?
Met die projek daag Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) besighede, skole, kerke en invidue uit om betrokke te raak, en te help om ‘n verskil te maak waar dit regtig saak maak in Parys.
Jy kan deur jou bydrae help om pensioenarisse weer hul waardigheid terug te gee, ‘n ma vir ‘n oomblik laat glimlag, ‘n pa met een bekommernis minder laat, en ‘n tienerseun/meisie met selfvertroue agterlaat.
Met dié projek word daar uit die hart gegee sonder om enigiets terug te verwag.
Die Met Hart-projek het vir die eerste keer in Desember 2020 afgeskop en alle verwagtinge oortref. Die projek het by die 100 individue (hoofsaaklik pensioenarisse

) bereik.
In 2022 is dit weer gedoen en is besef hoe groot die nood werklik is.
Hoe kan jy ‘n daadwerklike verskil maak met die projek in 2023, vra jy?
Bydraes van die volgende items kan bymekaar gemaak word:
Enige toiletware soos seep, poeier, room, tandepasta, sjampoo, deodorant, weggooi- bare skeermesse, waslappe, babadoeke, babaprodukte ensovoorts.
Die skenkings kan afgelaai word by die VVA-kantoor, Buitenstraat 18, Parys, of daar kan ‘n reëling gemaak word om dit te laat afhaal.
‘n Artikel 18A sertifikaat kan uitgereik word op jou versoek.
Laat weet ook die VVA-kantoor by (056) 811 2971 as jy, jou kerk, besigheid of groep vriende betrokke wil raak.

Vivienne Koch (skoolhoof) oorhandig die skenking namens Noag se Arkie aan Minharde van Vry-staat Versorging in Aksie. Regs is Debbie van Tonder.

Related Articles

Back to top button